Memorandum Bespreking - September 2017

Die onderwysers van Metro -Noord grawe hulself diep in in die memorandums van die graad 12 – Septembereksamen.

Die EAT – onderwysers het reeds voor die tyd lekker gesels oor Vraag 4. 7:

Verbind die volgende twee sinne met die VOORNAAMWOORD tussen hakies:

Jeremy se ma onthou nie waar sy haar selfoon neergesit het nie.

Sy is vergeetagtig. (wat).Gelukkig was dit nie ‘n meesterlike tranetrekker soos in die begripstoets nie!

Tydens die Huistaalbespreking was die onderwysers “in ‘n drukgang” maar het nie hul “gevoelens opgekrop” nie en ook nie hulle hare uit hulle kop getrek , toe hulle bespreek het wat die hoenderhaan in die begripstoets in paragraaf 10 aanvang nie.