Afrikaans … MY AFRIKAANS. As ‘n ‘soutie’ wat ‘n groot liefde vir die taal ontwikkel het, is dit vir my `n besondere eer om te kan sê dat ek `n aanhanger van een van die mooiste tale ter wêreld is: Afrikaans!

My geliefkoosde roman is Op ‘n Eiland, deur Karel Schoeman en NP van Wyk Louw se epiese drama, Raka. Dis beslis een van die meesterwerke in Afrikaans wat steeds my verbeelding aangryp.

My liefde vir Afrikaans is ‘n groot hupstoot gegee toe ek besluit het om dit tot in my derde jaar op universiteit te neem. Toe het dit moeilik begin raak … veral die taal self. Taalkunde het my (nie heeltemal nie) onder- gekry, maar ek het nog steeds Afrikaans-Nederlands III met lof geslaag. Met dosente soos JC Kannemeyer en Edith Raidt was dit een van my genotvolste kursusse.

Ek hoop julle vind baat by die webtuiste wat geskep is. Verdedig die voortbestaan van Afrikaans as ‘n taal wat deur miljoene mense gepraat word asook een wat almal kan geniet.  Gebruik die hulpbronne met ywer en deel met kollegas. Ons kinders is dit werd. Gee hulle jou absolute beste. Dit begin met ‘n goeie onnie…

Hou die blinkkant bo …

Groete.

David J. Millar

DIREKTEUR