Afrikaans Metro – Noord

Home Version 1

Welkom by ons webtuiste

Hierdie platform dien as ondersteuningsgroep vir die Afrikaansonderwysers van Metro-Noord Onderwysdistrik. Dit is propvol nuwe taalverwikkelinge en taalinspirasie. Die kurrikulumadviseurs plaas alle inligting, skoolondersteuningshulpmiddels en administratiewe bronne vir die Afrikaansklas hier om die werk van Afrikaansonderwysers van Metro-Noord te vergemaklik.

Afrikaans

Afrikaans word tipologies beskou as ‘n Indo-Europese, Wes-Germaanse, Nederfrankiese taal, wat aan die suidpunt van Afrika onder invloed van verskeie ander tale en taalgroepe ontstaan het. Afrikaans is op 8 Mei 1925 as ‘n amptelike taal van Suid-Afrika erken en is tans die derde jongste Germaanse taal wat amptelike status geniet, naas Faroëes wat in 1948 grondwetlik erken is en Luxemburgs wat hierdie status in 1984 verkry het.

Afrikaans in Suider-Afrika

Afrikaans is een van die elf amptelike tale van Suid-Afrika en daarnaas ook ‘n belangrike taal van Namibië. Volgens die Suid-Afrikaanse sensusopname van 2011, beskou ongeveer 6,9 miljoen sprekers in Suid-Afrika (13,5% van die totale bevolking) dit as hulle moedertaal. Sowat een miljoen van dié sprekers is tweetalige moedertaalsprekers van Afrikaans en Engels.

Oorsprong

Afrikaans het as kontaktaal aan die suidpunt van Afrika ontwikkel uit die kontak tussen 16de- en 17de eeuse Nieu-Nederlands (of Nuwe Nederlands), Khoi, San, Maleis, Portugees, Frans, Duits, Engels en verskeie Nguni- en Sothotale.

Feite oor Afrikaans

Sewe-en-negentig  jaar oud.
Die 140 ste grootste taal ter wêreld.
Derde jongste taal ter wêreld.
Die enigste Germaanse taal wat in Arabies getranskribeer is.
Die derde grootste taal in SA.
Google en Microsoft gebruik Afrikaans ook as keusetaal.  
Jy kan Afrikaans as vak neem by Amerikaanse, Belgiese. Poolse en Russiese universiteite.  
Bron: https://www.wereldwyd.co.za/wereldwye-feite-oor-afrikaans/