Kurrikulumontwikkeling is ons fokus.

In Nelson Mandela se woorde: “Opvoeding is die kragtigste wapen wat jy kan gebruik om die wêreld te verander.” Afrikaans webtuiste is  ‘n plek waar onderwysers kan gaan om inligting te kry.

In die woorde van John Naisbitt, ʼn Amerikaanse skrywer op die gebied van toekomsneigings, in sy boek, “Megatrends” (1982): “Die nuwe bron van mag is nie geld in die hande van ʼn paar mense nie, maar inligting in die hande van die massa (The new source of power is not money in the hands of a few, but information in the hands of the many)”.

Hierdie webtuiste dien as ‘n plek waar onderwysers materiaal wat in die klas gedek word, kan bespreek. ‘n Plek waar  onderwysers kan gaan om ekstra oefeninge, ou vraestelle en onderwyserriglyne af te laai.

Datums van toekomstige werkswinkels, vergaderings en enige sperdatum vir punte ensovoorts kan onderwysers op die kalenderblad gaan kyk.